Vrystaat se Seniorspan
Spelers wat die Vrystaat se Seniorspan (Melvillbekerspan) vanjaar in Pretoria verteenwoordig het, is:
Annari
Viljoen, Liansa Coetzee (albei Fichardtpark), Lizl Janse van Rensburg en Elaine
Dednam (albei UV); Chris Dednam
(kaptein) en Roelof Dednam (ook bestuurder) (albei UV), Wiaan Viljoen (Fichardtpark)
en Johan de Beer* (Bobbiespark).
Die span het tweede in die
A-afdeling van die Melvillbekertoernooi geeïndig. Al die spelers, insluitend die nuweling, het
aan hoë verwagtinge voldoen en die spanbestuurder het ook met groot opofferinge
tot die sukses van die span bygedra. Die
spelers het soos gebruiklik finansieel ook opgeoffer.
Individue van die Vrystaat het baie goed
presteer. Chris het in die SA-kampioenskappe die enkelspel gewen vir sy vyfde
nasionale enkelspeltitel. Chris en Roelof.het die dubbelspel vir
die vyfde agtereenvolgende jaar gewen (Chris se agste). Chris
en Annari het die gemengde dubbelspel gewen vir Annari se eerste nasionale
titel; sy het ook in die dubbelspel die
eindronde gehaal. Chris se driekuns is die eerste in 17 jaar vir ’n manspeler!! Wiaan
het in die enkelspel en dubbelspel die eindronde gehaal. Chris
was na die Melvillbeker-toernooi in enkels en dubbels en gemengde dubbels saam
met Annari
nasionaal eerste gegradeer. Annari was
ook vyfde in enkels en tweede in dubbels gegradeer. Roelof
was derde in die enkels, eerste in die dubbels, en derde in die gemeng gegradeer.
Wiaan
was tweede gegradeer in die enkels, tweede in die dubbels en vierde in die gemengde
dubbels. Die meeste van die spelers het
ook baie goed gevaar op die toernooireeks deur die jaar. Die spelers se nasionale verteenwoordiging en
internasionale prestasies is elders uitgelig – baie geluk met die prestasies, en baie dankie vir wat julle vir
pluimbal doen!.